Bak 4-in-1

BESONDERHEDE

Dit laat jou toe om in ‘n hoër trok te laai agv die bak wat aan die onderkant oopmaak.

  • Bak volume Basies: 0.13m³
  • Bak volume Opgehoop: 0.17m³- 0.20m³
  • Wydte: 1200mm

Bak 4-in-1 (Bucket 4 In 1)

OORSIG

Dit is ‘n bak met ‘n lem, ‘n gryp en ‘n gelykmaker. Indien dit met vaardigheid gebruik word, sal dit die mees nuttige aanhegsel wees waarmee bykans enige taak verrig kan word.

As ‘n bak

Dit kan gebruik word as ‘n normale laai bak, dit kan ook laai na hoër trokke met gemak deur leeg te maak vanaf die opening aan die onderkant.

As ‘n gryp

Die 4-in-1 bak werk goed om ‘n verskeidenheid items te lig en rond te dra.

As ‘n lem

Die 4-in-1 bak druk ‘n vrag gemaklik vir opvulling van slote en gate.

As ‘n gelykmaker

Met die kake oop en met die oop rante naby aan die grond, kan die 4-in1 bak vorentoe en agtertoe gesleep word vir gelykmaking.